Skip to content

Swa-Zulu
Jq 217, Klipplaat, Beestekraal, 0255

Dress Code

Smart Casual (kortbroek en vellies is welkom)

Aankomstyd

Ons sal die presiese tyd so gou moontlik bevestig.

Geskenke

Met styl en liefde sê ons dit sag:
Jul teenwoordigheid is genoeg vir ons dag.
Maar sou jul tog iets ekstra wil bring,
‘n Geldjie help bou aan ons nuwe begin.

kroeg fasiliteite

Onder doringbome en sterre so wyd,
Vier ons liefde in die Bosveld se tyd.
Bring jou eie cooler, vol en koud,
Ons kuier saam tot die môre goud.

Zwa-Zulu
082 899 9900

Garden of Eden Wedding Venue & lodge
061 637 4040

Ezulwini Game Lodge
071 087 4444

Kokoriba Wildreservaat
012 277 1204

Bush And Buck
082 772 4747

Onder die oop blou hemel,
tussen bome wat fluister en voëls wat sing,
staan Marilé en Johan, hand aan hand,
hulle harte vol liefde, hul oë vol drome.
Die wind dra lag deur die bosveld,
die son gooi goue strepe oor stofpaaie,
en elke blom, elke grasspriet
fluister hul storie van saamwees.
Vandag is dit meer as ’n “JA” –
dit is ’n belofte, ’n avontuur, ’n dans
tussen die aarde en die hemel,
waar liefde soos rivierwater vloei,
vry, diep en eindeloos.
Kom deel die oomblik, lag, vier en voel
die bosveld-liefde wat Marilé en Johan vandag omring.

RSVP

RSVP voor of op 7 September 2026

#barnardboksemdais

Anashti – Simply the BEST – die planmaker – van Niekerk
Neleen – Life of the party – Kruger
Jomille – Sweet(s) en short – Kruger

Strauss – Klein Strauss van Groot Beestekraal – Kruger
Wynand – Ek is nie bang nie check hierdie move – Jonker
Kobus – Moet ek nou weer alles doen – van Rooyen

Designed by TrouGoedjies